Die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, bekendgemaak.
Die infeksiesyfer het oornag met 3 707 gestyg. Daar is nou in totaal 607 045 positiewe gevalle. Daar is ook 504 127 persone van die virus genees.
Die sterftesyfer staan op 12 987 en die land se gesondheidspanne kon tot op hede 3 534 067 toetse doen.



