Wynmaker skiet vrou en homself

Deel hierdie storie / Share this story

PAARL – ’n Bekende wynmaker van die Paarl het eers sy vrou geskiet waarna hy die vuurwapen op homself gerig het.

Paardeberg-plaas

’n Woordvoerder van Paarl-polisie, kapt. Louise du Plessis, het gesê polisiebeamptes is Dinsdagaand omstreeks 19:50 na die plaas ontbied nadat ’n familielid op die liggame afgekom het. Die lyk van die vrou (57) is in die leefvertrek en die man (61) in die slaapkamer op die Paardeberg-plaas aangetref.

Volgens Du Plessis het mense in die omgewing glo vroeër die dag skote gehoor, maar gedink dit kom van buurplase af.

Doodsondersoek

Daar word geen misdaad vermoed nie. ’n Doodsondersoek word gedoen en die polisieondersoek duur voort.

Volg Find-It hier.