Die Noord-Kaapse departement van vervoer en LUR Nomandla Bloem het Donderdag die SAPD op Upington besoek.
Brig. Sampie Koopman, die stasiebevelvoerder van Upington, het Bloem ontvang en haar op ‘n toer deur die polisiestasie geneem.
Sy was ook by die aanhoudingselle en die gemeenskapsdienssentrum. Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê sy was spesifiek beïndruk met die vroue wat leiding neem.



