Substasie ontplof, Kby sonder krag

Deel hierdie storie / Share this story

Daar was pas ‘n groot onploffing by die substasie langs die treinspoor by die Cassandra-brug. ‘n Groot gedeelte van Kimberley sit tans sonder krag.

Ockie Fourie, DA-raadslid, sê een van die redes waarom die substasie kon ontplof, is die olie wat nie gereeld genoeg nagegaan is nie. “Ek is besig om ‘n elektriese ingenieur in die hande te probeer kry vir meer inligting,” sê Fourie.

Hou FiND iT dop vir meer inligting.