Die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika is gisteraand deur dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, bekendgemaak.
Die infeksiesyfer het oornag met 3 880 gestyg. Daar is nou in totaal 599 940 positiewe gevalle. Daar is ook 497 169 persone van die virus genees.
Die sterftesyfer staan op 12 618 en die land se gesondheidspanne kon tot op hede 3 480 283 toetse doen.



