Neem deel aan die #Jerusalema-dansuitdaging

Deel hierdie storie / Share this story

Jy kan nie stry nie… Dokters en verpleegsters is van die werkers wat nie net in ons land nie, maar regoor die wêreld, die hardste veg teen die Covid-19-virus.

Die #Jerusalema-dansuitdaging bied nou die geleentheid vir dokters en verpleegsters om te midde van die pandemie ‘n bietjie te ontspan en te laat gaan. Die liedjie, Jerusalema, word deur Master KG gesing.

Hier is ‘n paar video’s van dokters en verpleegsters wat op die ritme van dié liedjie hulle litte bietjie losmaak.

https://youtu.be/BNE6f8NB7rM
https://youtu.be/1MQU4fPGwEw

Jy kan vir ondersteuning van die gesondheidspanne ook ‘n video maak en op dié musiek dans.