Gestremde Bloemfonteinse vrou vermis

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN – Lucille Venter (30), wat verstandelik gestremd is, word vermis.

Sy het Maandagoggend om 05:50 uit haar ouerhuis in Wilgehof gestap. Venter se ma, Nelie, sê sy en haar man, Ben, het nog geslaap.

Nelie het op die sekuriteitskamera gesien Lucille het ’n wit duvet by haar gehad en ’n bruin baadjie aangehad. Lucille was in Junie ook vir drie dae vermis.

Enigiemand wat Lucille gewaar, kan Nelie by 082 770 6887 kontak.