LIMPOPO. – Die polisie op Thohoyandou ondersoek die dood van Muvhulawa Mudzunga (90) en haar dogter, Caroline Edzisani Muvhulawa (54), wie se liggame op Sondag, 16 Augustus in hul huis op die dorpie Lunungwi ontdek is.
Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die twee liggame is in ’n poel bloed met veelvuldige steekwonde gevind.
Hy het bygevoeg ondersoeke het aan die lig gebring die moorde is moontlik die vorige dag gepleeg en dat die motief vir die moorde hekseryverwant kan wees.
’n Man (23) is in verband met die moorde in hegtenis geneem.



