Die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika is gisteraand deur dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, bekendgemaak.
Die infeksiesyfer het oornag met 3 916 gestyg. Daar is nou in totaal 596 060 positiewe gevalle. Daar is ook 491 441 persone van die virus genees.
Die sterftesyfer staan op 12 423 en die land se gesondheidspanne kon tot op hede 3 455 671 toetse doen.



