Troeteldiere op spyskaart in Noord-Korea

Deel hierdie storie / Share this story

Honde-eienaars in die hoofstad van Noord-Korea word nou gedwing om hulle honde op te gee sodat dié soort vleis in restaurante voorgesit kan word.

Geen troeteldiere nie

Volgens The Business Standard het Kim Jong-un, die Noord Koreaanse-leier, honde as kapitalistiese “dekadensie” verklaar en dat dit teen die wet is om ‘n troeteldier te besit. Die wet volg op die dreigende voedseltekort in die land.

Honde is steeds gewild op die spyskaart in die noorde, met ‘n aantal toegewyde honde-restaurante in Pyongyang. Hondevleis is die gewildste in die warm en vogtige somermaande, want daar word geglo dit gee energie en uithouvermoë.

Oortreding is verset

Daar is weinig wat aan die nuwe wet gedoen kan word. Oortreding van die wet kan as ‘n daad van verset teen die leier geïnterpreteer word.