Olifantmis genees nie Covid-19 nie

Deel hierdie storie / Share this story

Die Namibiërs gebruik olifantmis as ’n geneesmiddel vir griep en nou ook vir Covid-19 deur die mis te verhit en die stoom daarvan in te asem.

Covid-19

Kalumbi Shangyla, minister van gesondheid, waarsku dat dit nie Covid-19 genees nie, alhoewel olifantmis tradisioneel vir hoofpyn, tandpyn en neusbloeding gebruik word.

Romeo Muyunda, woordvoerder van die minister, het ‘n beroep op burgers gedoen om nie nasionale parke opsoek na mis te betree nie. ‘n Boete sal vir oortreders opgelê word.

Volg Find-It hier.