Nuutste Covid-19-syfers in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika is gisteraand deur dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, bekendgemaak.

Die infeksiesyfer het oornag met 2 258 gestyg. Daar is nou in totaal 592 144 positiewe gevalle. Daar is ook 485 468 persone van die virus genees.

Die sterftesyfer staan op 12 264 en die land se gesondheidspanne kon tot op hede 3 430 347 toetse doen.