’n Gedeelte van die NG Kerk op Burgersdorp in die Oos-Kaap het gister aan die brand geslaan.
Foto’s en video’s van die brand is wyd op sosiale media versprei. Volgens gerugte is die brand deur ’n kortsluiting veroorsaak.
Die NG Kerk van Oos-Kaapland het op Facebook geskryf: “Ons harte gaan uit na die Burgersdorp-gemeente wie se kerkgebou op Maandag 17 Augustus gebrand het.”







