KIMBERLEY – Die polisie hier ondersoek ’n saak nadat ’n man (32) in Jawnostraat, Monument Hoogte, met ’n geweerskoot in sy bolyf gevind is.
Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê ’n 32-jarige man is in ’n huis in Jawnostraat met ’n skietwond aan sy bolyf gevind. “Die polisie ondersoek die saak.”



