Die horlosie het 14:00 geslaan en Suid-Afrika het met groot oë voor die TV gesit.
Hier is wat jy alles oor dr. Nkosazama Dlamini-Zuma se toespraak vanmiddag moet weet:
- Jy mag weer rook – Tabakprodukte mag steeds verkoop word.
- Beperking op drankverkope – Drankverkope in drankwinkels word van Maandae tot Donderdae 09:00 tot 17:00 toegelaat.
- Restaurante mag drank bedien – Restaurante en plekke met lisensies om drank op die perseel te verkoop, mag drank tot 22:00 verkoop. Kroeë, sjebiens en ander soortgelyke plekke mag heropen met ‘n beperking van 50 mense.
- Die aandklokreël geld steeds – Niemand mag tussen 22:00 en 04:00 hulle huise verlaat nie.
- Slegs 50 mense in die kerk – Spirituele byeenkomste (ook begrafnisse) word tot 50 mense beperk.
- Geen toeskouers – Geen toeskouers word by sportwedstryde toegelaat nie.
- Vriende en familie mag by mekaar kuier – Jy mag by die huis kuier, maar net 10 mense word op ’n slag toegelaat.
- Rolprentteaters mag heropen – Kaartjieverkope moet deur middel van ’n besprekingstelsel plaasvind. ‘n Maksimum van 50 word toegelaat.
- Gimnasiums heropen – Gims mag heropen met net 50 mense op ’n slag.
- Jy mag strand toe – Strande, openbare parke, museums, galerye, biblioteke en argiewe mag weer heropen.
- Toerisme heropen – Plekke van akkommodasie mag weer heropen en toeroperateurs mag weer sake doen, maar daar is ’n beperking op hoeveel mense toegelaat word.
Volg Find-It hier.



