Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 3 692 gevalle meer geword. Daar is ook nou 11 839 sterftes weens die virus bevestig.
Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gister die nuutste syfers op Twitter bekendgemaak.
Daar is nou ‘n totaal van 587 345 positiewe gevalle en 472 377 persone is van die virus genees.
Daar is ook 3 400 638 toetse vir die virus gedoen.



