Alhoewel die Noord-Kaap steeds die provinsie met die minste aantal Covid-19-gevalle in die land is, styg die syfers steeds daagliks.
Sedert die laaste aankondiging het die syfer in die provinsie met 119 gestyg. Daar is nou 7 840 gevalle.
Die John Taolo Gaetsewe-distrik is nou die distrik met die meeste aktiewe gevalle in die provinsie.
Daar is in totaal 94 sterftes weens die virus in die provinsie bevestig. Daar is ook 4 515 persone van die virus genees.



