Halfmas ter herinning aan Mac Jack

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die halfmas hys van die vlag ter ere die wyle Noord-Kaapse LUR van onderwys, mnr. Nontsikelelo MacCollen Jack, het gister by die Premier se kantoor plaasgevind.

Die direkteur-generaal van die Noord-Kaapse Justisie, advokaat Bekebeke, die Noord-Kaapse SAPD se provinsiale kommissaris, genl. Risimati Peter Shivuri, die SAPD se adjunk provinsiale kommissarisse-generaal, De Waal en Otola, het die verrigtinge bygewoon.

Die Noord-Kaapse LUR vir onderwys, Mac Jack, is op 12 Augustus 2020 in die hospitaal oorlede en word op 16 Augustus 2020 op sy tuisdorp, Graaff Reinet, begrawe.

https://www.facebook.com/finditnuus/videos/384925455823527