Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 2 810 gevalle meer geword. Daar is ook nou 11 010 sterftes weens die virus bevestig.
Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gister die nuutste syfers op Twitter bekendgemaak.
Daar is nou ‘n totaal van 568 919 positiewe gevalle en 432 029 persone is van die virus genees.
Daar is ook 3 295 434 toetse vir die virus gedoen.



