KIMBERLEY – “Xena is bang, baie bang en heeltemal verdwaal. Sy bly beweeg waar min mense is. Sy slaap vanaand by ‘n verlate gebou, skool, dalk ‘n pakhuis. Sy kry bitter koud. Sy ken nie buite slaap nie en sy is baie honger, dors en uitgeput. Sy verlang huis toe en wens dat ons haar kan opspoor.”

Xena, die varkhond-tefie wat Maandag in die Herlear-gebied vermis geraak het, is steeds soek.
Jolanda Loubser, Xena se eienaar, vra dat enigiemand wat bereid is om hulle na hulle hondekind te help soek, hulle asseblief moet kontak. “Kimberley is net te groot vir ons om alleen na haar te soek. Ons ry die hele dag rond. Hulle beweeg so vinnig, ons sal haar moet kry voordat sy te swak raak,” sê Loubser.
Daar is ook ‘n beloning vir die persoon wat vir Xena veilig aan haar eienaars kan terugbesorg
Skakel asseblief 078 155 3035 of 071 506 4561 indien jy weet waar Xena is, haar iewers gewaar het of jy die Loubser-gesin wil help soek.




