HARTSWATER. – Die vyf verdagtes vir die Hartswater-plaasmoorde verskyn weer vandag in die landdroshof op Hartswater.
‘n Groot polisieteenwoordigheid en teenwoordigheid van boere en die gemeenskap word weer verwag. Khomotso Mpumlwana (43), Tshepo Visagie (36), Tshepo Seolesang (20), Tshepaone Melato (19) en Realeboga Manyedi (18) is die verdagtes in die saak.
Danie Brand (83), sy vrou Breggie (73) en hul dogter, Elzabie (54), is op 26 Julie tydens ‘n plaasaanval ontvoer en hulle liggame is in die bosse by Takaneng Village gevind.
FiND iT sal jou deur die loop van die dag vanaf die landdroshof op hoogte hou.



