Die Brand-gesin se ontvoering en moorde op Hartswater het die hele wêreld geruk.
Khomotso Mpumlwana (43), Tshepo Visagie (36), Tshepo Seolesang (20), Tshepaone Melato (19) en Realeboga Manyedi (18) is die vyf verdagtes wat in verband met die moorde in hegtenis geneem is.
Hulle het vandag weer in die landdroshof op Hartswater verskyn en is uitgestel tot 27 Augustus, 2020.
Hier praat Elbeth Marais met Annette Steyn, DA-parlementslid, oor hoe die moorde die gemeenskap geruk het.
Die gesin, asook die verdagtes, was bekend in die kontrei.



