Gaan SA na vlak twee skuif?

Deel hierdie storie / Share this story

Na vele mediabespiegelinge dat die land moontlik dié week nog na vlak twee kan skuif, is daar nou ‘n sterk aanduiding dat dit wel so kan wees.

News24 het berig vier bronne het aan hom bevestig dat daar in Dinsdag se vergadering tussen die nasionale koronavirusraad en die kabinet konsensus bereik is dat Suid-Afrika reg is om na vlak twee te skuif.

President Ramaphosa sal volgens News24 na verwagting vandeesweek die aankondiging maak.

Die besluit is glo geneem omdat die nuwe Covid-19-gevalle daagliks minder word.

Daar word glo ook oorweeg om die verbod op sigarette en alkohol te lig.

‘n Bron het aan News24 gesê dat sigarette en alkohol in elk geval verkoop word, so om die verbod in plek te hou, is nutteloos.