Nuutste Covid-19-syfers

Deel hierdie storie / Share this story

Die Covid-19-syfer in Suid-Afrika het oornag met 2 511 gevalle meer geword. Daar is ook nou meer as 10 751 sterftes weens die virus bevestig.

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gister die nuutste syfers bekendgemaak.

Daar is nou ‘n totaal van 566 109 positiewe gevalle en 426 125 persone is van die virus genees.

Daar is ook 3 278 977 toetse vir die virus gedoen.