“Ons doen ’n beroep op die inwoners van Suid-Afrika om elektrisiteitsverbruik te verminder om ons te help om die land deur die aand te trek,” het Eskom Woensdag 12 Augustus 2020 in ’n verklaring gesê.
Eskom waarsku teen ’n ‘erg beperkte’ kragstelsel nadat die terugkeer na die diens van vyf generasie-eenhede vertraag is, terwyl nog twee eenhede van lyn af geloop het.
“Eskom werk baie hard om die eenhede weer tot volle krag te herstel.”



