KIMBERLEY. – Veilings is die toekoms vir mense wat goedere wil verkoop of koop.
Rudi Ferreira, bedryfshoof van FiND iT, sê FiND iT AUCTIONS het in die inperkingstydperk van Covid-19 ontstaan, juis omdat daar so ‘n groot aanvraag na bekostigbare goedere is.
“Baie mense het goedere wat hulle wil verkoop, maar hulle weet nie waar om te begin nie en wil ook nie noodwendig vreemdelinge by hulle wonings toelaat nie. Ons doen dit nou vir hulle.”
Ferreira sê hy is van mening veilings en aanlyn “een-dag” verkope is die toekoms. “Dit gee die verbruiker die geleentheid om goedere teen bekostigbare pryse te bekom. Dit maak dit ook baie maklik vir die verkoper, omdat ons by FiND iT AUCTIONS al die administrasie doen. Jy is ook verseker van jou geld as jou produk verkoop.”
FiND iT AUCTIONS hou sy derde aanlyn veiling dié Vrydag vanaf 10:00 tot 15:00 HIER.
“Al wat jy hoef te doen, is inteken en dan bie. Dit is baie eenvoudig. Ons het ook ‘n ondersteuningstelsel om jou presies te wys hoe dit werk. Alles sal op ons Facebookblad verduidelik word.”



