Vanjaar se Premier-liga gaan een van die taaiste in jare wees.

Deel hierdie storie / Share this story

DIE verwagting is dat vanjaar se Premier-liga van die Currie beker reeks wat teen die einde van die maand afskop, een van die taaiste in jare sal wees.

Die Tafel Lager Griekwa-span sal onder groot druk wees om op hul skitter vertoning van verlede seisoen voort te bou.

Die Poubloues onder ‘n nuwe afrigtingspan en ‘n aantal nuwe aanwinste in hul geledere sal alles moet uithaal in elke wedstryd.

Griekwas sal egter ook sonder hul geheime wapen, hul partytige tuisskare in vanjaar se kompetisie moet klaar kom.

Weens die Covid 19 pandemie sal al die wedstryd sonder enige toeskouers plaasvind.

Scott Mathie, die vorige hulpafrigter is Griekwas se nuwe hoofafrigter, met Albert van den Bergh, oud Griekwaspeler sy assistent.

Die kern van verlede jaar se span is nog beskikbaar en kaptein George Whitehead, was die general verlede seisoen, en hy kan weer sy span inspireer.

Onder die nuwe aanwinste is ‘n aantal spelers wat hulself op hoervlak wil bewys.

Van die nuwelinge was uitblinkers in die Varsity reeks en kry nou die geleentheid om verder te ontwikkel.

Griekwas het in verlede baie spelers laat ontpop en hopelik word nog diamante vanjaar geslyp.

  • Henry Hopley