September 24, 2021

Straatkinders veroorsaak glo brand by besigheid

KIMBERLEY. – Vala Brothers, ’n bekende elektroniese winkel wat TV’s, radio’s en ander elektroniese goedere verkoop en herstel, het vanoggend afgebrand. Die brand het glo ontstaan nadat straatkinders, wat op ’n matras lang die winkel geslaap het, ’n vuur te naby aan die winkel gemaak het.

Kavisha Vala, dogter van die eienaar, het aan FiND iT bevestig hulle het vanoggend omstreeks 06:00 die oproep gekry dat hulle winkel brand. “Die winkel moes baie vroeër begin brand het, maar ons het eers 06:00 die oproep gekry. Die winkel langsaan het ’n rookalarm. Die rook van die brand by ons winkel het die rookalarm langsaan laat afgaan.”

Die winkel is heeltemal uitgebrand.

Vala sê die kinders slaap altyd op ’n matras voor een van die winkels.

FiND iT het navraag oor die brand by die brandweer gedoen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *