Alhoewel die Noord-Kaap steeds die provinsie met die minste aantal Covid-19-gevalle in die land is, styg die syfers steeds daagliks.
Sedert die laaste aankondiging het die syfer in die provinsie met 180 gestyg. Daar is nou 6 802 gevalle.
Die Frances Baard-munisipaliteitsdistrik is steeds die distrik met die meeste aktiewe gevalle in die provinsie.
Daar is in totaal 68 sterftes weens die virus in die provinsie bevestig. Daar is ook 3 307 persone van die virus genees.



