Op die plakkate wat vroue in hul hande vashou en op trekkers en motors staan daar in rooi ink “Stop farm attacks and farm murders”.
Honderde boere het vandag in Polokwane bymekaargekom waar twee vermeende plaasaanvallers in die hof verskyn het.
Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, het video’s van die boere se betoging op haar Facebook-blad gedeel.
Die optog volg na ‘n egpaar verlede week op hulle plaas in Dendron aangeval is.
Lees meer hier.






