
Almal word ouer en sonskade eis sy tol. Gelukkig kan nuwe uitvindings en mediese deurbrake beskadigde vel verbeter.
Met chemiese afskilfering word n produk wat sure bevat vir ‘n kort rukkie op die gesig aangewend om ‘n aantal lae van die vel te verwyder. Sulke blootstelling bevorder vinnige vorming van nuwe, jong velselle en verhoogde kollageensintese vind plaas.
Chemiese afskilfering is spesifiek ontwerp vir die behandeling van veroudering, plooie, pigmentasie en tekstuur van die vel.
Daar is verskillende soorte afskilferings volgens die suurgehalte van die produk en hoe diep die indringing daarvan in die vel is. Daar is drie verskillende dieptes – oppervlakkig, medium en diep.
Maak seker dat ‘n deeglike velanalise gedoen word, dat jou vel vooraf met die regte produk behandel word om jou vel gereed te maak vir die intensiewe behandeling en volg altyd die nasorgaanbevelings by die huis.
As jou vel nie gereed is vir so n behandeling nie, maar jy doen dit wel, kan jy permanente skade aan jou vel aanrig.
Dit is n fantastiese manier om jou vel weer te laat gloei! Ek kan jou help om jou vel voor te berei vir die behandeling. Indien jy nie salon toe wil kom vir die behandeling nie – weet ek daar is van julle wat versigtig is vir die Covid – kan ek vir jou ‘n home peeling-pakket laat aankoop. Ek gaan dan telefonies stap vir stap saam met jou deur die behandeling. Dit is beter om die behandeling in die winter te doen.
Geseënde week vir julle!











