Daar is minstens 154 mense dood toe die reuse-ontploffing Dinsdag verwoesting oor Beirut, die Libanese hoofstad, gebring het. Meer as 6 000 mense is beseer en minstens 60 mense is steeds sedert die ontploffing vermis.
Michel Aoun, die Libanese president, het gesê daar word verdere ondersoek ingestel om vas te stel wat presies die ontploffing veroorsaak het. Daar was 2 750 ton ammoniumnitraat in die stoor wat ontplof het. Ammoniumnitraat is ‘n chemikalie wat gebruik word in bomme.
Daar is tot dusver 16 mense in verband met die ontploffing in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort.
Bron: Al Jazeera



