NOORD-WES – Joseph Mathe (47) het gister in die Mmabatho-landdroshof verskyn na hy verlede Dinsdag deur die Valke in hegtenis geneem as verdagte in die moord op konst. Thato Makhoana (26).
Die liggaam van konst. Makhoana is met skietwonde langs die pad buite Mahikeng gevind, sê kapt. Tlangelani Rikhotso, polisiewoordvoerder.
Sy motorvoertuig is later by Majemantsho Village gekry.
Die polisie het dadelik na die moordenaars begin soek en hulle ondersoek het gelei tot die inhegtenisname van Mathe.
Kapt. Rikhotso sê Mathe sal op 11 Augustus weer in die hof verskyn.



