Die koronasyfer in Suid-Afrika het sedert die laaste aankondiging met 8 307 gevalle meer geword. Daar is nou in totaal 538 184 positiewe gevalle aangemeld.
Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het bekendgemaak die nuwe sterftesyfer is 9 604.
Intussen is 387 316 persone van die virus genees. 3 149 807 toetse is in totaal gedoen.



