#LightSARed: Rooi ligte vir die kunstebedryf

Deel hierdie storie / Share this story

Talle Suid-Afrikaners het gisteraand in hulle huise, tuine, ondernemings of by geboue ‘n rooi lig laat skyn as deel van die Light SA Red-inisiatief.

Hierdie inisiatief se doel is om die regering bewus te maak van die nood waarin die kunstebedryf homself bevind te midde van die Covid-19-pandemie.

Die rooi ligte wou bewustheid skep oor die hoeveelheid kuns- en feesgeleenthede wat weens die virus afgestel is.

Suid-Afrikaners het foto’s van rooi geboue en standbeelde wyd op sosiale media versprei.