Daar is verlede week in die hooggeregshof in Johannesburg bevind kinders mag nie in hegtenis geneem word weens die besit van dagga nie.
Die rede hiervoor is omdat kinders blootgestel word aan strawwe wat nadelig vir hulle kan wees. Die hof is gevra om die betrokke wetgewing te hersien om te voorkom dat minderjariges soos misdadigers hanteer word en gestraf word vir iets waarvoor volwassenes nie meer vervolg word nie.



