Stella-moorde: Bylsma vandag gevonnis

Xander Bylsma (21), wat in Februarie 2020 skuldig bevind is van die moord op Marna Engelbrecht (16) en Sharnelle Hough (17) in Mei 2018, se vonnisverrigtinge sal vandag in die hooggeregshof in Mmabatho, Noord-Wes plaasvind.

Die twee meisies se lyke is Saterdagoggend 26 Mei 2018 in die skoolkoshuis by Hoërskool Stella gekry. Hough se lyk het aan ’n reling gehang terwyl Engelbrecht se lyk in ’n badkamer gevind is. Bylsma het die meisies verwurg en probeer om hul dood soos selfdood te laat lyk.

Bylsma het skuld aan ’n privaat speurder erken, maar het later gesê hy het net vir die speurder gesê wat hy wou hoor. Hy is sedertdien in aanhouding.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *