Kissing Booth 2, die opvolg van die bekende fliek Kissing Booth, het vir die eerste keer op 24 Julie 2020 op Netflix uitgesaai. Kissing Booth het een van die gewildste films van die somer geword toe dit meer as twee jaar gelede vrygestel is. ’n Opvolg is in Februarie 2019 bevestig.
Hier is ’n paar interessante feite oor Kissing Booth 2 wat jy waarskynlik nie geweet het nie.
- Alhoewel die film in California afspeel, is groot gedeeltes daarvan in Kaapstad geskiet.
- Die ongelooflike huis waar die etetoneel by die Flynn-gesin verfilm word, is in Kaapstad geneem. Dit is nie die eerste keer wat hierdie huis in ’n Netflix-reeks gebruik word nie; dit is waar Ashley-O in die Rachel, Jack en Ashley Too-episode van Black Mirror woon.
- Die Universiteit van Kaapstad was ‘n verfilmingsplek vir die kollege- en skooltonele.
- Taylor Zakhar Perez het geleer hoe om kitaar te speel vir die film.
- Maisie Richardson-Sellers moes leer om pool te speel.



