Die een droom wat almal in Kimberley in gemeen het, is om in ’n skoon, mooi en slaggatvrye stad te woon. Ons wag al lank vir ons munisipaliteit om tot aksie oor te gaan, maar ons moet positief bly oor die situasie waarin ons onsself bevind en onsself afvra wat ons van ons kant af daaraan kan doen.
Begin by jouself en by jou gesin. Tel alle rommel op jou sypaadjie op. As daar ’n slaggat voor jou huis of in jou straat is, vul hom self op met grond om die probleem vir eers op te los. Moedig al die gesinne in jou buurt aan om dieselfde te doen. Julle kan as buurt saam besluit om elke Saterdagoggend bymekaar te kom en die area skoon te maak.
As ons as ’n gemeenskap saamstaan, sal ons stelselmatig verandering begin sien.



