Twee onderwysers geskors oor ‘liefdesverhouding’ met leerling

Deel hierdie storie / Share this story

Twee onderwysers is geskors na dit aan die lig gekom het dat hulle vermoedelik in ’n liefdesverhouding met een van die leerlinge in hulle skool betrokke geraak het.

Die leerling het volgens ’n verklaring van die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement self erken dat sy in ’n verhouding met twee van haar onderwysers was. Sy is ’n leerling aan Umlazi Comprehensive Technical High School.

Een van die onderwysers is volgens die verklaring in die badkamer betrap waar hy die leerling gesoen het.

“Die meerderheid van ons personeel is professionele persone wat daartoe verbind is om onderrig te gee. Daar is egter diegene wat daarop uit is om die beeld van die departement skade te berokken,” lui die verklaring.

https://www.facebook.com/443922312346819/posts/4115147131890967/?sfnsn=scwshmo&extid=Xg0sDh2L1wnQHdPr