Agt maniere om jou metabolisme te bevorder

Deel hierdie storie / Share this story

Hoe hoër jou metabolisme is, hoe meer kalorieë verbrand jy en hoe makliker is dit om gewig te verloor en om dit af ​​te hou. ’n Hoë metabolisme verskaf ook meer energie aan jou liggaam en dit laat jou beter voel.

Hier is agt maklike maniere om jou metabolisme te verhoog.


1. Eet genoeg proteïene saam met elke maaltyd

Die eet van proteïene verhoog jou metaboliese tempo met 15–30%. Dit maak jou vinniger versadig en dit voorkom dat jy te veel eet.

’n Studie het bevind dat mense waarskynlik ongeveer 441 minder kalorieë per dag sou eet wanneer 30% van hul dieet proteïene sou uitmaak.

2. Drink meer koue water

Mense wat water drink in plaas van suikerbevattende drankies, is meer suksesvol om gewig te verloor en af ​​te hou. Die drink van water kan egter ook jou metabolisme tydelik versnel.

Water help ook om jou versadig te maak. Studies toon dat wanneer jy water ’n halfuur voordat jy eet, drink, dit jou help om minder te eet.

’n Studie van volwassenes wat oorgewig was, het bevind dat diegene wat ’n halwe liter water voor hul maaltye gedrink het, 44% meer gewig verloor as diegene wat nie water gedrink het nie.

3. Doen ’n hoë-intensiteitoefensessie

Hoë-intensiteitintervaloefening (HIIT) behels vinnige en baie intense oefeninge. Dit help jou om meer vet te verbrand deur jou metaboliese tempo te verhoog, selfs nadat jou oefensessie voltooi is.

As jy jou oefenroetine aanpas en ‘n paar hoë-intensiteitsoefeninge byvoeg, sal dit jou metabolisme verhoog en jou help om vet te verbrand.

4. Lig swaar voorwerpe op

Spiere is meer metabolies aktief as vet, en die opbou van spiere kan help om jou metabolisme te verhoog. Ligte gewigte sal jou ook help om jou spiere te behou.

In ’n studie is 48 oorgewig vroue op ‘n dieet van 800 kalorieë per dag geplaas, met geen oefening, aërobiese oefening of weerstandsoefening nie. Na die dieet het die vroue wat die weerstandsoefening gedoen het, hul spiermassa, metabolisme en krag gehandhaaf. Die ander het gewig verloor, maar ook spiermassa verloor en ’n afname in metabolisme ervaar.

5. Staan meer op

Om te veel te sit, is sleg vir jou gesondheid. Sommige gesondheidskommentators noem dit selfs ‘’die nuwe rook’’. Dit is deels omdat te lank sit minder kalorieë verbrand en tot gewigstoename kan lei.

In werklikheid, in vergelyking met sit, kan ‘n middag van opstaan ​​by die werk ‘n ekstra 174 kalorieë verbrand. As jy by die werk ‘n lessenaar het, probeer om vir kort rukkies op te staan.


6. Drink groentee

 Daar is bewys dat groentee jou metabolisme met 4-5% kan verhoog.  Aangesien dit min kalorieë het, kan dit baie goed wees vir gewigsverlies en gewigsonderhoud.

7. Kry ’n goeie nagrus

’n Gebrek aan slaap hou verband met ’n groot toename in die risiko van vetsug.

’n Gebrek aan slaap is ook gekoppel aan verhoogde bloedsuikervlakke en insulienweerstandigheid, wat albei gekoppel is aan ’n hoër risiko om tipe 2-diabetes te ontwikkel.

8. Drink koffie

Studies het getoon die kafeïen in koffie kan metabolisme met 3-11%  verhoog. Soos groentee, bevorder dit ook vetverbranding.

Koffie se effek op metabolisme en vetverbranding kan ook bydra tot suksesvolle gewigsverlies en die  onderhoud daarvan.