HARTSWATER – So lyk die vyf verdagtes wat vandag in die Hartswater-landdroshof op aanklag van die moord van Danie Brand (83), sy vrou Breggie (73) en hul dogter (54), verskyn. Die gesin is Sondag tydens ‘n plaasaanval op hulle plaas op Hartswater ontvoer en hul liggame is in bosse by Takaneng Village gevind.
Die saak teen die beskuldigdes is tot 13 Augustus 2020 uitgestel.



