Die Covid-19-in Suid-Afrika het sedert die laaste aankondiging met meer as 11 000 gevalle toegeneem. Daar is nou in totaal 471 123 positiewe gevalle aangemeld.
Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het bekendgemaak die nuwe sterftesyfer is 7 497.
Intussen is 297 967 persone van die virus genees. 2 873 163 toetse is in totaal gedoen.



