Aandklok met ‘n uur aangeskuif

Deel hierdie storie / Share this story

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, het vandag in ‘n nuuskonferensie aangekondig die aandklok is met ‘n uur aangeskuif.

Hy sê die restaurantbedryf het in ‘n voorstel genoem dat meeste mense eers 20:00 eet, en daarom is dit tot 22:00 uitgestel. Alkohol mag egter steeds nie verkoop word nie.

Kubayi-Ngubane het gesê interprovinsiale reis word steeds nie toegelaat nie.
Die kabinet het tog besluit om die regulasies rondom verblyf vir plesier te verslap. Jy mag nou vir plesier in jou provinsie verblyf kry. Reëls sal aan verblyfplekke gegee word om te sê slegs twee persone sal per kamer toegelaat word.