HARTSWATER – Die lyk van ‘n vrou is glo gisteraand in ’n veld in die Taung-omgewing gevind en vier verdagtes, waaronder ’n vrou, wat glo nie betrokke was by die aanval nie, is in hegtenis geneem.
Danie en Breggie Brandt, tesame met hulle dogter, Elzabie, het verdwyn nadat hulle Sondagmiddag op hulle plaas op Magogong-plotte, Hartswater aangeval en ontvoer is. Die familie se silwer Mazda 5-stasiewa was ook in daardie stadium vermis.
Luidens die Vaalharts-buurtwag duur ‘n massa-soektog nog voort om die ander twee vermiste persone te kry.
Die soektog is om 04 :36 afgelas en sal weer hervat word sodra dit lig is.



