Die koronasyfer in Suid-Afrika het sedert die laaste aankondiging met meer as 11 000 gevalle meer geword. Daar is nou in totaal 445 433 positiewe gevalle aangemeld.
Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het bekendgemaak die nuwe sterftesyfer is 6 769.
Intussen is 265 077 persone van die virus genees. 2 773 778 toetse is in totaal gedoen.



