Nuutste Covid-19-syfers in die Noord-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

Alhoewel die Noord-Kaap steeds die provinsie met die minste aantal Covid-19-gevalle in die land is, styg die syfers steeds daagliks.

Die Sol Plaatje-munisipaliteitsdistrik is die distrik met die meeste aktiewe gevalle in die provinsie.

Daar is in totaal 29 sterftes weens die virus in die provinsie aangekondig. Daar is ook 1 223 persone van die virus genees.