Demi Lovato (27) het Woensdag die ja-woord vir haar akteur-kêrel (29) gegee toe hy haar op die strand gevra het om met hom te trou.
Demi, ’n bekende sangeres, wat al vir jare aan en af met dwelms, drank en ’n eetverstoornis sukkel, het in 2018 na ses jaar van dwelm- en drankvry wees, ’n terugslag gehad. Sy is nou weer vir 18 maande skoon van drank en dwelms.
Demi het op haar Facebook-profiel met foto’s van die verlowing, geneem deur Angelo Kritikos, gespog. “Ek het geweet ek is lief vir jou die oomblik toe ek jou ontmoet het.”





