Verdagte op aanklag van mensehandel in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die Valke en die polisie in Kimberley het ’n 38-jarige man op 22 Julie op aanklag van mensehandel in hegtenis geneem.

Nomthandazo Mnisi, polisiewoordvoerder, sê die Valke het inligting in verband met ’n 26-jarige vrou wat van Pietermaritzburg na die Noord-Kaap geneem is met die oog op mensehandel.

Die slagoffer is volgens Mnisi glo in ’n huis toegesluit, verkrag en herhaaldelik deur die verdagte aangerand.

’n Ondersoek is op 22 Julie aan die gang gesit en die verdagte is in hegtenis geneem.

Hy verskyn Vrydag 24 Julie in die landdroshof in Kimberley.