KIMBERLEY – Patrick Mabilo, uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, is nou gesond nadat hy positief vir die virus getoets het.
Hy het byna twee weke gelede positief vir Covid-19 getoets en in ooreenstemming met die Covid-19-regulasies het hy onmiddellik selfisolasie toegepas.
Gedurende sy kwarantynperiode het die uitvoerende burgemeester alle Covid-19-protokolle streng nagekom en verseker dat hy die nodige maatreëls tref om sy gesondheid te verbeter.
“Ek wil my herstel toeskryf aan gebed en ’n positiewe gees. Nadat ek positief getoets het vir Covid-19 het ek myself nie die skuld gegee, skaam of bekommerd geword nie, maar die diagnose aanvaar en die nodige sorg geneem.”



